*In
die jaar 1888 op 14 Februarie word die
eerste vergadering aangeteken om te besin oor die bou van ‘n hulpkerk vir die
Lange Valley. Die kollektante het
byeengebring £21/4s, 65 stuks vee, 90 vrag klip, 11¼ mud graan en 5 rol Tabak
en daar is besluit om voort te gaan met die bouwerk aan die kerk. Aan die Heer P G Slabber is die tender
toegeken en op die hoogte van Waterpas
sal die bedrag van £40 pond aan hom betaal word. Die bedrag van £5 is aan ‘n makelaar betaal
om vir die water en klei te sorg.
Teen 4 September 1888 is daar nog nie vordering gemaak met die bouwerk
nie en ds Leipoldt van die moedergemeente Clanwilliam het die voorsitterstoel
geneem, die boukommissie is vergroot en die reuse taak het op hierdie kommissie
gerus om onder moeilike omstandighede kollekte-lyste rond te neem. Op 14 September 1889, presies 19 maande na
die eerste vergadering onder leiding van ds Leipoldt, is die eerste tenders
behandel, dit blyk dat net een amptelike tender ingekom het, naamlik die van
die heer P G Slabber. Daar is ook twee
briewe van onder andere die here J Adams en J Verceuil ter tafel gelê en na
kwaai verskil en die bedanking van 4
kommissielede is die tender van P G Slabber aanvaar.
Die taak om al die boumateriaal op die perseel te sorg het op die skouers van die boukommissie gerus, geen maklike taak en volgens die staat van uitgawes moes die kerk ongeveer £1,200 gekos het. Die klok is geskenk deur die voorsitter van die boukommissie, JA van Zyl en die boumeester P G Slabber. Die boukommissie het onderneem om aan te bly totdat alle skulde nog uitstaande op die kerkgebou, vereffen was. Uiteindelik na verskeie pogings om is daar op ‘n vergadering gedateer 12 Oktober 1904 besluit om af te stig en die amptelike stigting van die nuwe gemeente het op 31 Januarie 1905 plaasgevind toe die nuwe gemeente saam met die dorpie, Leipoldtville genoem is, uit erkentelikheid aan ds C F Leipoldt, wat dan ook as eerste konsulent aangestel was.
Die eerste kerkraad word op 25 Februarie 1905 bevestig en op 27 Februarie word die eerste beroep uitgebring, tydens die feestelikhede van die naweek van 26 Februarie vind die eerste Nagmaalsviering as selfstandige gemeente plaas. Die eerste taak wat op die nuutbevestigde kerkraad gewag het, was die beplanning vir die bou van ‘n pastorie en die gebou word voltooi deur Gebr Luyt, grootliks volgens die planne deur Proponent De Waal aan die hand gedoen. Beide die hoekstene van die kerk en die pastorie is gelê deur die destydse voorsitter van die boukommissie naamlik broeder JA van Zyl van Zwartfontein en die troffeltjie was vir jare in besit van sy kleindogter, mev Miemie van der Westhuizen, asook die oorspronklike boukontrak van die kerk, wat ook deur haar grootvader die heer P G Slabber gebou is.
Die naweek van 15 Oktober 1905 word die pastorie met groot feestelikheid in gewy en word proponent P de Waal as eerste predikant van die gemeente georden. Ds de Waal het ‘n hart vir Sending gehad en hom van die begin af beywer vir die daar stel van grond waarop die die eerste tydelike beskutting opgerig is, waar die Kleurlinge van die buiteplase mag byeenkom vir dienste. Sy aanvoorwerk het tydens die bediening van ds J P Roux sy beslag gekry toe ‘n erf aan die Sending gemeenskap gegee is waarop hul eerste kerkie gebou is en die eerste Sendinggemeente Sandveld met die setel op Leipoldtville, kom in 1932 tot stand. Die eerste kinderfees is in 1907 gehou maar die fees het volgens ds de Waal se verslag aan die Ring, op ‘n mislukking uitgeloop.
Vry sitplekke is ingestel in 1940 ‘sodat elkeen ‘n vrye toegang na die voorhowe van die Here mag hê.
Tydens die bediening van DS.Cilliers is die Kerksaal op 25 Oktober 1941 ingewy en hierdie saal is in 4 Desember 1993 deur DS Gideon Basson verbou en verbeter om meer funksioneel te wees en elke keer wanneer ons die kombuis gebruik is ons hom ewig dankbaar vir die gerief daarvan.
Die tweede en huidige nuwe kerk is op 4 April 1959 ingewy, hierdie nuwe kerk het sitplek aan drie honderd lidmate gebied en het £15,000 gekos om op te rig, bouwerk het die vorige jaar in September in aanvang geneem en die inwyding het groot belangstelling gelok. Tydens die Saterdagaand se orreluitvoering deur onder andere mnr Japie Malan, orrelis van die Groote Kerk in Kaapstad is ‘n spesiale bydrae vir die orrelfonds opgeneem.
Vandag is NG Kerk Leipoldtville Familie Gemeente 109jaar oud, met 182 belynende lidmate en 59 dooplidmate.
-Rina Theron-